| Book Catalog |
|
Books 1 to 10 of 3041
 |
| 17 Onbetwisbare wette van spanwerk |
Spanwerk is noodsaaklik, ongeag of jy aan die hoof staan van 'n sake-onderneming of 'n kerk, 'n sportleier is of 'n gesin het. In hierdie nuwe boek neem John Maxwell sy lesers deur die onderskeie wette van leierskap om te wys hoe belangrik spanwerk is. Almal wat met mense werk, besef dat die ou outokratiese leierskapsmetode eenvoudig nie werk nie. Om te kan wen, moet 'n puik span gebou word. John C. Maxwell gee reeds jare lank lesings oor die voordele van leierskap en spanwerk. Nou pak hy die belangrikheid van spanwerk by die horings. Hy beskryf hoe belangrik spanwerk is vir elke tipe leier, en wys hoe spanwerk elke area van jou lewe kan verbeter. Hierdie boek wat in die styl van die blitsverkoper 21 Onweerlegbare wette van leierskap geskryf is, bevat nie net wette waarop jy kan staatmaak wanneer mense moet saamwerk nie, maar se dit vir hulle op se 'n manier dat jy dit vandag in jou eie lewe kan begin toepas. Dit word toegelig met puik verhale oor spanleiers - en spanbrekers - uit die geskiedenis, die sakewereld, die kerk en sport.
|
Language: Afrikaans
Author:
Maxwell, John C
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 268 |
Year: 2001
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868234721
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
| 21 Onweerlegbare wette van leierskap |
Jy gaan mal wees oor hierdie boek - omdat jy die beginsels en prosedures wat 'n omwenteling in jou lewe kan teweegbring, onmiddellik op jou persoonlike, gesins- en sakelewe kan toepas. Daar is geen "ivoortoring"-teorie in hierdie boek nie. 21 Onweerlegbare wette van leierskap is 'n belangrike, definitiewe stelling van die tydlose wette wat 'n mens eenvoudig moet volg as jy 'n groot leier wil word - by die huis, in die kerk, of waar jy ook al geroep word om te lei. John gaan in elke hoofstuk reguit na die kern van 'n slim leierskapswet en wys jou deur middel van die sukses en mislukkings van ander hoe jy die wet in jou lewe kan toepas. En jy kan elkeen van die wette toepas. Die boek is propvol hoop, rigting, bemoediging en spesifieke prosedures. Dis op beginsels gegrond met presiese, duidelike aanwysings om jou met die nodige gereedskap toe te rus om jou rol as leier te vervul. Maxwell vat alles wat hy oor leierskap geleer het, in bruikbare vorm vas. As leierskap vir jou iets nuuts is, sal hierdie boek jou loopbaan as leier 'n hupstoot gee. As jy 'n ervare leier is wat al jou merk gemaak het, sal hierdie boek jou selfs 'n beter leier maak. Dis goed - baie goed se Zig Ziglar
|
Language: Afrikaans
Author:
Maxwell, John C
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 256 |
Year: 2001
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868234288
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
| 4 Pilare van leierskap, Die |
Die sleutel tot sukses in enige onderneming is die vermoe om ander met welslae te lei.
In Die 4 pilare van leierskap bespreek John C Maxwell vier terreine wat deurslaggewend is vir suksesvolle leierskap - verhoudings, toerusting (opleiding), leierskap en gesindheid. Maxwell antwoord kritieke vrae oor elk van hierdie terreine en wys hoe positiewe, doelgerigte leierskap jou kan help om die suksesleer vinniger te klim.
|
Language: Afrikaans
Author:
Maxwell, John C
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 256 |
Year: 2004
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868237296
|
R119.95
|
|
|
|
|
 |
| 7 Dinge wat jou vreugde steel |
Joyce Meyer ondersoek sewe dinge wat gelowiges se vreugde steel soos wettiese godsdiens, woede, jaloesie en voortdurende onvergenoegdheid.
Vir elke vreugdesteler gee sy 'n kragtige teenvoeter uit die Bybel - 'n vreugde-anker wat gelowiges in staat sal stel om gewone dinge buitengewoon baie te geniet. God is lewe. Om die lewe te geniet is om God te geniet.
|
Language: Afrikaans
Author:
Meyer, Joyce
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 240 |
Year: 2004
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868237135
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
| 7 Wette van geestelike sukses, Die |
Daar is geestelike wette wat bepaal in watter mate God se genade in ons lewe gestalte vind - met ander woorde hoe 'suksesvol' ons geestelik is. Hierdie wette is net so vas en waar soos natuurwette: Dit lei tot seen as jy dit nakom; tot geestelike doodsheid as jy dit verontagsaam. Na 'n leeftyd aan die stuur van een van die suksesvolste Christelike bedienings in die wereld, kyk Selwyn Hughes terug en lig sewe kerngewoontes of -wette- uit wat ons vlak van geestelike sukses bepaal: aanbidding, dankbaarheid, volharding, vergifnis, naasteliefde, berou en groei. Jeff Lucas se: "Hierdie boek is 'n belangrike deel van [Selwyn Hughes se] nalatenskap. Moenie dit net een keer lees nie; laat dit 'n reis word wat jy vier of vyf keer onderneem."
|
Language: Afrikaans
Author:
Hughes, Selwyn
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 272 |
Year: 2004
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868237302
|
R119.95
|
|
|
|
|
 |
After years of research, Randy Alcorn offers answers to common questions about what Heaven will be like. His answers will surprise listeners, stretch their thinking about this important subject, and inspire them to long for heaven while living on earth.
|
Language: English
Author:
Alcorn, R
Publisher: Oasis Audio
Pages: |
Year: 2008
Cover:
ISBN nr: 9781598594478
|
R49.95
|
|
|
|
|
 |
Gary Chapman shares seven principles to encourage those struggling with in-law relationships, which affects spousal relationships. If these principles are woven into daily life, the reward will be a strengthened and mutually beneficial in-law relationship.
|
Language: English
Author:
Chapman, Gary
Publisher: Oasis Audio
Pages: |
Year: 2008
Cover:
ISBN nr: 9781598594393
|
R99.95
|
|
|
|
|
 |
| When God Breaks Your Heart |
Underwood shares how the story of Lazarus brought renewed hope during his darkest moments of suffering and doubt in his personal battle with leukemia, bringing to life God's powerful answer to the question of pain and suffering - that Jesus loves and cares for us.
|
Language: English
Author:
Underwood, E
Publisher: Oasis Audio
Pages: |
Year: 2008
Cover:
ISBN nr: 9781598594447
|
R109.95
|
|
|
|
|
.jpg) |
| Kies lewe een dag op 'n keer |
Dodie Osteen deel haar persoonlike insig en geestelike waarhede wat sy in haar verhouding met God ontdek het om lesers se geloof te versterk, en hulle te help om dwarsdeur die jaar 'n lewe van oorvloed te kies.
Kies lewe een dag op 'n keer dek 'n wye verskeidenheid weeklikse
temas waaronder
* Vertroue in God
* Oons erfenis in Christus
* Sleutels tot 'n oorwinningslewe
* Die krag van God se Woord
* Deel Jesus met die wereld
Ook ingesluit is 'n leesplan waarmee jy binne 'n jaar deur die Bybel kan lees, 'n tematiese indeks en 'n voorwoord deur Joel Osteen.
Kies lewe een dag op 'n keer sal mans en vroue aanspoor, opbou
en bemoedig om 'n lewe van oorwinning te ervaar.
|
Language: Afrikaans
Author:
Osteen, Dodie
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 400 |
Year: 2007
Cover: Hardeband
ISBN nr: 9781415302620
|
R109.95
|
|
|
|
|
.jpg) |
| Die weg van die ongetemde hart |
Die weg van die ongetemde hart is 'n padkaart vir die manlike reis. Dit beskryf die verskillende ontwikkelingsfases waardeur 'n seun moet groei om 'n ware man te word: die Geliefde Seun, Cowboy, Kryger, Minnaar, Koning en Wyse.
Om suksesvol deur hierdie fases te groei, is 'n proses van inisiasie
nodig, wat slegs moontlik is deur die aktiewe ingrype van ervare mans. In die boek vertel Eeldredge die verhaal van sy eie seun se inisiasie, en doen maniere aan die hand waarop pa's hul seuns kan inisieer. Hy beskryf ook hoe volwasse, selfs bejaarde, mans kan teruggaan om die leemtes in hul eie ontwikkeling aan te spreek en so die volle genoegdoening van manwees te ervaar.
|
Language: Afrikaans
Author:
Eldredge, John
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 288 |
Year: 2007
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781415301449
|
R119.95
|
|
|
|
|
Books 1 to 10 of 3041
|
|
| Welcome |
| Saturday 04th of September 2010 |
|