| Book Catalog |
|
Books 1 to 1 of 1
 |
Leiers wat aan die voorpunt van die samelewing staan – uitvoerende amptenare, sake-eienaars, bestuurders en mense met invloed – verkeer onder voortdurende druk om van beskikbare navorsing, analises en ander liniêre vorms van inligting gebruik te maak wanneer hulle kritieke besluite neem. Maar as ’n mens net op eksterne data staatmaak en nalaat om die krag van jou eie subjektiewe ervaring in te span, ontbeer jy die kans om groot waarde tot jou doelwitte en resultate toe te voeg.
’n Deskundige op die gebied van menslike gedrag en ’n leierskapkonsultant, dr. John Townsend, sê daar is kosbare bronne in elke leier wat maar te dikwels afgeskeep of geïgnoreer word. Lei met intuïsie onthul die leier se innerlike wêreld en leer hom hoe om uit sy intuïsie, emosies, kreatiwiteit,geestelike lewe en waardes te put. Hierdie beginsels sal jou help om uit te staan teen ander in ’n wêreld wat nou moeg raak vir resepmatige leiers.
Of jy nou jou stel vaardighede wil uitbrei of op soek is na ’n nuwe manier om jou organisasie se behoeftes aan te spreek, dr. Townsend se insig en raad sal jou leer om die vermoë te benut om na binne sowel as na buite te kyk en uitstekende resultate te behaal.
|
Language: Afrikaans
Author:
Townsend, J Dr
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 240 |
Year: 2010
Cover: Softcover
ISBN nr: 9781415307106
|
R149.95
|
|
|
|
|
Books 1 to 1 of 1
|
|
| Welcome |
| Thursday 09th of September 2010 |
|