| Book Catalog |
|
Books 11 to 20 of 2909
.jpg) |
You Have What It Takes reminds fathers of the desires that are central to men and women, the core questions that their sons and daughters ask "Do I have what it takes?" and "Am I lovely?" and their role as fathers to answer those questions.
Eldredge gives fathers a look inside their own hearts and the hearts of their sons and daughters, encouraging them to give their children permission to be who God designed them to be.
|
Language: English
Author:
Eldredge, John
Publisher: Struik Christian Media
Pages: 96 |
Year: 2007
Cover: Hardcover
ISBN nr: 9781415301692
|
R49.95
|
|
|
|
|
.jpg) |
Jy is 'n held herinner pa's aan die kernbegeertes van mans en vroue, die hartsvrae wat hul seuns en dogters vra "Sal ek die toets slaag?" en "Is ek bekoorlik?" en aan hul rol as pa's om daardie vraag te beantwoord.
Eldredge gee aan pa's 'n blik op hulself asook hul seuns en dogters, en moedig hulle aan om hul kinders toestemming te gee om te word wie God hul bestem
het om te wees.
|
Language: Afrikaans
Author:
Eldredge, John
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 96 |
Year: 2007
Cover: Hardeband
ISBN nr: 9781415301708
|
R49.95
|
|
|
|
|
 |
| Beginnersgids tot intrede, 'n |
Te veel gelowiges word lam gele deur die leuen dat hulle te swak, te jonk of onbekwaam is om effektief te bid. Dalk is jy selfs een van hulle. Tog is intrede nie 'n voorreg wat slegs vir volwasse Christene beskore is nie. Dit is die natuurlike resultaat van 'n innige verhouding met God. As jy dit eers gesnap het, word die praktiese uitlewing daarvan 'n vreugde. 'n Beginnersgids tot intrede is vir almal wat erns maak met gebed - vir beide beginners en ervare voorbidders. Dit sal jou uitdaag om nie langer op die kantlyn te staan nie, maar deel te raak van God se plan vir jou.
|
Language: Afrikaans
Author:
Sheets, Dutch
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 196 |
Year: 2003
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868236138
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
Ervaar self die boek wat 'n miljoen mense na 'n nuwe persoonlike verhouding met God gelei het. Binne 'n merkwaardige kort tydjie het Beleef God die lewe van Christene dwarsoor die wereld - mense wat 'n inniger verhouding met hul Skepper begeer het - totaal verander. In hierdie hersiene uitgawe waag die gewilde skrywers dr. Henry Blackaby en Claude King dit selfs verder op hul ontdekkingstog om meer van God se liefde en krag te probeer begryp. Beleef God daag Christene uit om die volheid te beleef van 'n lewe in gemeenskap met 'n liefdevolle, persoonlike God. God openbaar Hom aan elke individu op n spesiale en buitengewone manier. Daarom is elkeen se persoonlike begrip van Hom uniek. Beleef God wys jou hoe om jou verhouding met God te verdiep en jou spesiale plek in sy koninkryk te ontdek. Selfs terwyl ons nog probeer om Hom te verstaan, werk God reeds op 'n wonderbare manier deur ons. Leer om sy stem deur Beleef God te hoor en te gehoorsaam.
|
Language: Afrikaans
Author:
Blackaby, Henry T
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 287 |
Year: 2002
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868233625
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
Leadership expert Dr. John C. Maxwell knows that people are never successful by talent alone, and in this book he outlines the 13 crucial things you can do to maximize your natural talents and become a "Talent-plus" person.
|
Language: English
Author:
Maxwell, John C
Publisher: Thomas Nelson
Pages: |
Year: 2007
Cover: Softcover
ISBN nr: 9780785288961
|
R149.95
|
|
|
|
|
.jpg) |
Dit is alombekend dat talent alleen nie 'n waarborg vir sukses is nie. As dit die geval was, sou alle talentvolle mense suksesvol
gewees het. Waarom is party talentvolle mense dan suksesvol
en ander nie?
John C. Maxwell werp lig op 13 kritieke keuses wat 'n mens moet maak om jou natuurlike talent optimaal te ontwikkel en 'n 'Talent+'-persoon te word. Uit die boek blyk dit duidelik watter verskil die volgende keuses in 'n mens se lewe maak: Geloof, passie, inisiatief, fokus, voorbereiding, oefening, deursettingsvermoe,
moed, leerbaarheid, integriteit, verhoudings, verantwoordelikheid
en spanwerk.
Talent is nie genoeg nie is die ontbrekende sleutel wat mense sal help om hul volle potensiaal te bereik deur hul talente optimaal
te ontwikkel. Ddit is 'n onmisbare hulpmiddel vir elke persoon
wat sy of haar unieke gawes met oorgawe wil uitleef.
|
Language: Afrikaans
Author:
Maxwell, John C
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 304 |
Year: 2007
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781415301340
|
R129.95
|
|
|
|
|
 |
Gehoorsaamheid, aanbidding, die gesindhede van jou hart, lyding en dissipelskap - 'n rykdom van geestelike insigte in 'n baie spesiale dagboek. Ontdek ongelooflike waarhede terwyl jy nadink oor jou verhouding met God. Hoor hoe Hy met jou praat; ontmoet Hom op so 'n manier dat jou lewe nooit weer dieselfde sal wees nie, en ontwikkel 'n passie om deel te raak van God se plan met jou lewe! Hierdie dagboek is ongedateer en die lees daarvan kan dus enige tyd van die jaar begin word.
|
Language: Afrikaans
Author:
Blackaby, Henry T
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 372 |
Year: 2003
Cover: Hardeband
ISBN nr: 9781868233953
|
R129.95
|
|
|
|
|
.jpg) |
| Die groot liefdesverhaal nuwe uitgawe |
Die meeste mense wat voluit probeer lewe, voel in die een of ander
stadium ontnugter. Dit gebeur selfs met mense wat skynbaar suksesvol is op persoonlike en professionele terrein, en vreemd genoeg ook met mense wat hulleself bemoei met opbouende aktiwiteite
soos geestelike groei en Christelike dienswerk. Hierdie mense ervaar die lewe toenemend as leeg en saai, of harteloos en wreed.
Die groot liefdesverhaal verduidelik hoekom die meeste mense uit voeling is met hul diepste begeerte. Dit neem lesers se harte op reis en help hulle om 'n lewe van intimiteit, avontuur en skoonheid
te ontdek - 'n passievolle lewe wat hulle sedert hul geboorte roep deur hul lekkerste herinnerings, hulle grootste liefdes, hul hoogste prestasies en selfs hul grootste seerkry.
Die groot liefdesverhaal is ?n lewensveranderende boek oor die aard van die lewe, die liefde, God en ons plek in die verhaal. Dit is ?n uitnodiging na die lewe wat ons nog altyd gesoek het, maar nog nooit kon vind nie.
|
Language: Afrikaans
Author:
Eldredge, John
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 244 |
Year: 2007
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781415302569
|
R119.95
|
|
|
|
|
 |
| Bestem vir geestelike groei |
Elke mens is bestem om geestelik te groei. Dirkie van der Spuy stip die pad uit na geestelike volwassenheid. Hy beskryf die mylpale op hierdie pad in eenvoudige, maar lewensveranderende taal, en wys onder meer op die belangrikheid van geestelike wedergeboorte, vervulling met die Heilige Gees, God se Woord, getuienis, gehoorsaamheid, diensbaarheid en innerlike genesing. Elke hoofstuk word gevolg deur vrae vir individuele oordenking of groepbespreking. Ontdek die waarhede wat jou sal lei op 'n groeipad na n dieper verhouding met God. Ontdek die volheid van die vervulling, geestelike rykdom en roeping wat God vir jou bestem het.
|
Language: Afrikaans
Author:
Van der Spuy, Dirkie
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 200 |
Year: 2004
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868237234
|
R109.95
|
|
|
|
|
 |
| Bybelantwoorde op al jou vrae |
Met Job se geduld en die wysheid van Salomo antwoord dr Elmer Towns letterlik honderde vrae waaroor mense altyd wonder. Met sy grondige kennis van die Skrif verskaf hy Bybelse antwoorde op kopkrappers wat wissel van doodmaklik tot doodernstig.
Bybelantwoorde op al jou vrae is geskik vir nuwe Christene wat meer wil leer, Christene wat al 'n lang pad kom, maar nog altyd gewonder het oor sekere sake, en vir mense wat bloot nuuskierig is oor wat die Bybel nou eintlik se. Die logiese indeling maak dit maklik om antwoorde op spesifieke vrae te vind, en 'n nuttige indeks help met vinnige verwysing.
Bybelantwoorde op al jou vrae kan gebruik word om vinnig 'n antwoord te vind op 'n brandende vraag, of om teen 'n rustiger tempo meer uit te vind oor die interessante onderwerpe wat in die Bybel aangespreek word.
|
Language: Afrikaans
Author:
Towns, Elmer L
Publisher: Struik Christelike Media
Pages: 696 |
Year: 2004
Cover: Sagteband
ISBN nr: 9781868237159
|
R159.95
|
|
|
|
|
Books 11 to 20 of 2909
|
|
| Welcome |
| Thursday 09th of September 2010 |
|