Cart 0

LEEF IN SY LIG

Nina Smit is die gewilde skrywer van verskeie topverkoper-boeke. Sy en haar man, Johan, woon in Somerset-Wes. Hulle het drie kinders en is ook trotse grootouers.

R159.95

Product ID: 13070 SKU: 9781415327333. Category: . Tag: .

‘Mag God julle lewe met sy teenwoordigheid oorspoel, sodat daar nie ’n stukkie van julle lewe is wat nie deur God se teenwoordigheid geraak word nie (Ef 3:19, Die Boodskap).
Leef is sy lig is Nina Smit se jongste dagstukkieboek en bevat 365 splinternuwe oordenkings met inspirasie vir elke seisoen van jou lewe. In haar praktiese, bemoedigende styl spoor sy lesers aan om bewus te raak van God se teenwoordigheid in hul lewe en daagliks te lewe in sy lig.
Onderwerpe sluit in:
[bullets]
’n Ryk oes van beloftes
God se seëninge
Omhels deur die Gees
Die hemel is ’n werklikheid
Pluspunte van geloof
Breek los uit die greep van vrees
Seisoene van geloof
Om te vergewe
Stories wat Jesus vertel het
Deel jou geloof
Wanneer jy swaarkry
Die koms van die Lig
[end bullets]
Leef in sy lig is ’n wonderlike hulpmiddel om elke dag van die jaar in God se teenwoordigheid te leef. Dit is ’n ideale geskenk vir ’n vriendin en kan ook saam met die Dagbeplanner vir die vrou 2015 deur Nina Smit gebruik word.

Be the first to review “LEEF IN SY LIG”